Gemeenskapsboere in die Sekhukhune-distrik van Limpopo het meer as ’n miljardrand weens veediefstal verloor.
Die Rooivleisprodusenteorganisasie sê meer as 49 000 stuks vee – soos beeste, bokke en skape – is tussen 2023 en 2024 in dié gebied gesteel.
Die departement van landbou het ‘n werkswinkel in Sekhukhune aangebied om bewustheid te skep oor die belangrikheid om diere te brandmerk.
Die departement sê hy kan nie permitte uitreik indien diere nie gemerk is nie.
Gemerkte diere help ook met ondersoeke en om gesteelde diere op te spoor.