Luister nou

DA lê klag teen oud-Gautengse vervoerhoof

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA in Gauteng het ‘n strafregtelike klag  teen die voormalige hoof van die departement van paaie en vervoer, Ronald Swartz ingedien. Dit spruit uit bewerings van onreëlmatige en verkwistende uitgawes tussen 2015 en 2017.

Volgens ’n forensiese verslag van PwC het Swartz moontlik die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree, met onreëlmatige uitgawes van meer as R220 miljoen, insluitend betalings aan Autopax en busmaatskappye.

Die DA sê die huidige LUR, Kedibone Diale-Tlabela, het bevestig dat geen van die geld teruggevorder is nie en dat slegs interne dissiplinêre stappe gedoen is – waarvan die besonderhede glo net aan die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi bekend is.

Volgens die DA moet daar daadwerklik opgetree word teen korrupsie en beloof hulle om die vordering van die ondersoek fyn dop te hou.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Luister nou