Luister nou

Amber Lee Hughes beken skuld vir moord van Nada-Jane

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die moordsaak teen Amber Lee Hughes is tot 7 Augustus vir verdere slotbetoë deur die verdediging uitgestel nadat Hughes vandag in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig gepleit het op die moord van die vierjarige Nada-Jane Challita.

Hughes, ’n gewese kleuterskooljuffrou, het voorheen volgehou die kind het per ongeluk in ’n bad verdrink. Sy het egter nou erken dat sy doelbewus op die dogtertjie in die bad gesit het totdat sy gesterf het. Hughes ontken egter enige seksuele aanranding of verkragting.

Volgens haar was die “sneller” vir die daad twis met Nada-Jane se pa, asook haar eie persoonlikheidsteuring.

Hughes se pa het die hof emosioneel verlaat, terwyl Nada-Jane se ouers, Elie Challita en Amy Johnston, aangedaan was maar gesê het hulle is verlig dat die waarheid uiteindelik bekend is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Luister nou