Luister nou

VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI

Deur Pretoria FM Nuusspan

16 Julie 2025

Vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het tot ‘n rekordlaagtepunt gedaal, met slegs 22% van Suid-Afrikaners wat vertroue in die instelling toon.

Dié bevindings is vervat in ’n meningsopname van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die RGN.

Die RGN-navorser, dr. Ngqapheli Mchunu het die data as ontstellend beskryf én as ’n aanduiding van ’n algehele wegkalwing van vertroue in openbare instellings.

Die verslag dui daarop dat die openbare vertroue in die polisie vir meer as ’n dekade op ’n afnametrajek is, met ’n duidelike tuimeling kort ná die Marikana-insident in 2012 en die Julie-onluste in 2021.

Die data dui verder aan dat die lae vertrouevlakke regstreeks met misdaad, mense se slegte ervarings met die polisie en die afwesigheid van sigbare geregtigheid verband hou.

Gauteng en KwaZulu-Natal is uitgewys as die provinsies met die laagste vlakke van vertroue wat op 18 persent staan.

One Response

  1. Dis baie sleg en jammer vir elke polisiebeampte wat hul bes lewer, maar ondermyn work deur kollegas wat eerder misdrywe sal pleeg, terqyl hulle in hul uniform is.

    Dan ook….baie dankie SAPD bestuur vir jul swak leiding en kriminele gedrag.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou