Luister nou

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die MK-party het sy naam bygevoeg by die lys van mense wat wil sien dat daar opgetree word teen die minister van polisie, Senzo Mchunu.

Die MK-party se nasionale woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die party het strafregtelike klagte by die Brooklyn-polisiekantoor aanhangig gemaak. Die klagte kom nadat KwaZulu-Natal se provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal, Nhlanhla Mkhwanazi, die minister daarvan beskuldig het dat hy bande met misdaadsindikate het.

Die MK-party dien ‘n klag in.

Mchunu is ook van politieke inmenging beskuldig.

Daar is ook ‘n saak geopen teen die adjunk nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Ndhlela sê die party sal aanhou om toe te sien dat die nodige wette gevolg word.

LEES OOK: 12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

Hy meen Mchunu het sy mag misbruik en behoort aangekla te word van sameswering om geweld te pleeg.

Die party sê die klag is ook geopen weens Mchunu se besluit om die taakspan vir polities gemotiveerde moorde in KwaZulu-Natal te ontbind en meen hy (Mchunu) gebruik intimidasietaktieke om fluitjieblasers af te skrik.

Die DA dien ‘n klag in.

 

Ndhlela sê die MK-party se klag teen Sibiya kom nadat hy glo met bewyse gepeuter het, wat dossiere insluit.

Volgens die party wil dit voorkom asof daar ‘n doelbewuste en gekoördineerde poging was om geregtigheid te belemmer en verantwoordbaarheid te ondermyn.

Intussen het die DA ook vanoggend strafregtelike klagte teen Mchunu by die Kaapstad sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die DA se adjunk-hoofsweep in die parlement, Baxolile Nodada, meen die minister het vir die parlement gejok, en moet daarvoor aanspreeklik gehou word.

Ook die EFF het die minister by die etiekkomitee van die parlement verkla.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou