Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola sê die meer as 12 000 vuurwapens wat Woensdag vernietig is, word nie verbind met sake waarvan die KwaZulu-Natalse kommissaris, luietenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi melding gemaak het nie.
Mkhwanazi het Sondag ‘n opskudding veroorsaak toe hy tydens ‘n mediakonferensie lede van die parlement met misdaadsindikate verbind het.
LEES OOK: Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
Masemola het tydens die geleentheid waar die vuurwapens vernietig is gesê dat die vuurwapens waarvan Mkhwanazi gepraat het nog nie vernietig kan word nie aangesien die betrokke sake nog nie afgehandel is nie.
Hy het beklemtoon dat die polise net vuurwapens vernietig van sake wat reeds afgehandel is.
Masemola het ook tydens ‘n mediakonferensie gesê dat hy nié dissiplinêre stappe teen Mkhwanazi gaan doen nie. Hy sê bykomende veiligheid is vir Mkhwanazi gereël nadat daar verskeie doodsdreigemente teen hom gemaak is.