Luister nou

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, het sy stilswye verbreek nadat die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi die afgelope naweek verskeie bewerings teen die minister van polisie, Senzo Mchunu gemaak het.

Volgens Masemola sal hy nié dissiplinêre stappe teen Mkhwanazi doen nie.

LEES OOK: Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Een van die skokbewerings was dat Mchunu en ander hoës in die kabinet bande het met misdaadsindikate, soos die omstrede sakeman, Vusimusi “Cat” Matlala. Die minister is ook van politieke inmenging beskuldig.

Matlala, wat tans verhoorafwagtend is, is met ‘n selfoon in sy sel in die Kgosi Mampuru-gevangenis betrap. Die foon het glo kommunikasie tussen hom en die minister bevat.

Mkhwanazi het tydens Sondag se mediakonferensie gesê dat ‘n taakspan wat polisiemoorde ondersoek, ontbind is weens politieke inmenging. Volgens Masemola het Mkhwanazi die nodige toestemming gekry om die mediakonferensie te hou en het hy (Mkhwanazi) aangedui dat hy oor polisiemoorde gaan gesels.

LEES OOK: Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Hy sê bykomende veiligheid is vir Mkhwanazi gereël nadat daar verskeie doodsdreigemente teen hom gemaak is.

Masemola sê die hele polisiediens is geraak deur die provinsiale kommissaris se bewerings en het erken dat dit Suid-Afrikaners se vertroue in die polisie afneem.

One Response

  1. Hy weet wat is goed vir hom!

    Wie het die doodsdreigemente gemaak? Ons het die reg om te weet!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog