Luister nou

Die VF Plus is versigtig optimisties oor dalende syfers

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus sê hy is versigtig optimisties oor die dalende misdaadsyfers.

Die minister van polisie, Senzo Mchunu het vanoggend die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van die 2024/2025-boekjaar aangekondig. Dit geld vir die tydperk tussen 1 Januarie en 31 Maart. Nasionaal is 5727 moorde gepleeg.

Dit is ‘n afname van 809 moorde of 12.4% in vergelyking met die 4de kwartaal in die vorige boekjaar.

Die VF Plus se nasionale voorsitter en hoofwoordvoerder oor polisie, Wouter Wessels, sê die party is versigtig optimisties oor die statistiek. Vandag se misdaadstatistiek toon ‘n skerp afname in alle kategorieë misdaad teenoor ‘n jaar gelede.

Wessels sê die realiteit van Suid-Afrika se kritieke misdaadsituasie is steeds dat die land se moord- en verkragtingsyfer, soos baie ander soorte misdaad, van die hoogste ter wêreld is.

LEES OOK: Misdaadstatistiek: Minister vaar uit oor waninligting

Wessels sê die moordsyfer in Suid-Afrika is sowat 44 per 100 000 van die bevolking. Die konteks hier is dat die internasionale gemiddelde moordsyfer sowat 6 per 100 000 is.

Volgens hom is dit opvallend dat die misdaadsyfers ‘n toenemend beter prentjie begin skets sedert die nuwe polisieminister die besem in die hand het. “Hy is sedert Julie verlede in die pos en onder hom is daar gewis ‘n verbetering in die statistiek.”

Wessels sê dit is egter daarom jammer dat die minister dit vandag moes goeddink om vir die eerste keer ras te voeg by die twee plaaseienaars en ander persone wat in landelike omgewings vermoor is.

Buiten die twee boere is twee werkers, een bewoner en ‘n plaasbestuurder vermoor. Net die bewoner was wit. Wessels meen wat amptelike statistiek aanbetref, is dit voorheen nooit nodig geag om kleur te heg aan plaasmoorde en -aanvalle nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Ander Nuus Artikels

Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Luister nou