‘n 78-jarige boer van die Roossenekal-omgewing in Limpopo se liggaam is vanoggend deur sy dogter in sy plaashuis gevind.
Die veiligheidsvoorsitter van TLU se Oos-streek, James Language het die toneel waar Robert Stolz gevind is, as grusaam beskryf. Sy liggaam was glo in een van die badkamers en dit wil voorkom asof hy met ‘n skerp voorwerp aangeval is.
Language het aan Netwerk24 gesê dat die aanval gistermiddag tussen 16:00 en 18:45 die aand moes plaasvind. Sy gesteelde motor is net voor 18:45 op ‘n kamera langs die pad, sowat 15 kilometer van die plaas, vasgevang.
Die motor is vanoggend sowat 45 kilometer van die plaas op die R555-pad na Steelpoort gevind. ’n Saak van moord is by die polisie aanhangig gemaak.
One Response
Wanneer gaan ons Boere genoeg hê van ons mede boere wat so wreed en onskuldig uitgemoor word? As dit die dag gebeur sal die onreg gestraf word.