Luister nou

Suid-Afrika en kwessie van veiligheid

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 14 Julie 2021

Deur: Prof. Pieter Duvenage

Die Engelse filosoof Thomas Hobbes het reeds in die sewentiende, eeu, die eeu toe Van Riebeeck, by die Kaap aangekom het, die volgende verwoord: Volgens hom is die eerste taak van ’n moderne regering dat hy veiligheid vir sy mense moet bewerk. Daarom beskik die staat oor die swaardmag – dit wil sê die polisie, weermag en regsisteem. Indien die regering egter nie die veiligheid van sy burgers kan verseker nie, het Hobbes onheilspellend voortgegaan, dan verval die legitimiteit van ’n regering en die staat. Dan word elke mense, in Hobbes se grimmige woorde, ’n wolf vir ’n ander en verval die samelewing en staat in ’n natuurtoetstand waar die wet van oerwoud geld en elkeen op hom- of haarself aangewese is.

Die groot vraag is nou of Suid-Afrika in die toestand verkeer wat Hobbes reeds, ’n paar eeue terug, so markant en ontstellend verwoord het? Die antwoord is ja en nee.

Ja, omdat orals om ons daar ontstellende verval is wanneer dit kom by die veiligheid van Suid-Afrika se burgers. Wat die Polisie aanbetref is dit duidelik dat daar oor ’n lang periode kader-ontplooiing was in die topstruktuur sodat die leiding nie professioneel is nie. Politieke inmenging in die bestuur is bekend en die absurde situasie heers dat die BBP-beskerming se begroting styg terwyl die res van die begroting krimp. Ook die Weermag maak mens bekommerd. ʼn Hoë salarisrekening en ’n krimpende begroting waar dit saak maak, dra tot ’n agterstand by wat niks goed voorspel in ʼn streek waar Isis reeds bedrywig is nie. Die Suid-Afrikaans regstelsel gaan ook mank aan die volgende: Swak aanstellings van regters, ’n Openbare Beskermer (OB) buite beheer en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat klaarblyklik sonder tande sit.

Nee. Ons kan gelukkig ook nee antwoord op die vraag of Suid-Afrika volledig in die situasie verkeer wat Hobbes so ontstellende geskets het. In die eerste plek sit oud-president Zuma agter tralies. Tweedens, knars die Zondo-Kommissie oor staatskaping, weliswaar stadig voort. En derdens, beskik Suid-Afrika oor ʼn hoogs gesofistikeerde burgerlike samelewing en privaat sektor wat hulle bes doen. Hierby inbegrepe is ʼn burgerlike gemeenskapsorganisasie soos die Solidariteitsbeweging. In so ’n tyd van onsekerheid is dit onvermydelik dat gemeenskappe met selfrespek en die wil om ordelik voort te bestaan na die veiligheid van hulle mense sal kyk. Gegee dat Suid-Afrika ’n multikulturele samelewing is, wat nie net uit individue bestaan nie, is dit belangrike dat gemeenskappe tans hulle belange binne die wet, soos wat dit bestaan, uitoefen. In die proses is die samewerking tussen verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika natuurlik ook belangrik sowel as die leerstuk van basiese menseregte.

Uiteindelik kan ʼn mens net hoop dat die regering sy verantwoordelikhede wat veiligheid aanbetref sal nakom. Suid-Afrika is ’n beeldskone, maar hoogs komplekse, land met geweldenaars en anargiste om elke hoek en draai. Dit sal ’n hartseerdag wees as die Suid-Afrikaanse bevolking sy vertroue in die hele veiligheidsisteem verloor. Mens kan maar net hoop dat ons nie gou so ʼn punt sal bereik nie.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Luister nou