Luister nou

SAOU eis antwoorde oor “swak behandeling” van Limpopo se SA skoolatlete

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, die SAOU, sê hy verwerp die nalatige optrede van beide die onderwys departement in Limpopo, asook die Limpopo departement van sport, kuns en kultuur.

Dit kom nadat Limpopo-leerlinge op busse moes slaap omdat daar nie vir hulle verblyf gereël is in Bloemfontein, waar hulle aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek-kampioenskappe deelgeneem het.

Die uitvoerende hoof van die SAOU, Paul Sauer sê die atlete, en hulle afrigters berei reeds maande lank vir die kampioenskappe voor, maar is deur beide die onderwys-, en sportdepartemente in die steek gelaat.

Sauer sê hulle het inligting van die SAOU se voorsitter in Limpopo ontvang dat die leerlinge ook die openingseremonie misgeloop het omdat hulle laat was.

Verder is die besluit geneem dat die atlete, weens die swak omstandighede waaraan hulle onderwerp is, vroeër na Limpopo moes terugkeer. Dit het daartoe gelei dat baie van die atlete hulle finale items misgeloop het.

Hy sê hierdie gebeure wys op ‘n sistemiese mislukking om die regte en waardigheid van leerders onder die Departement se sorg te verseker. “Die SAOU sal nie langer hierdie vlak van wangedrag ongesiens laat verbygaan nie.” .

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou