Luister nou

Warriors uitgeboul oor kwotavereistes

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Warriors-krieketspan is hul plek in die uitspeelfase van die eendagreeks kwyt, omdat hulle nie aan Krieket Suid-Afrika se kwotavereistes voldoen het nie.

Hulle sou Woensdag teen die Titans te staan kom, maar omdat hulle net twee swart spelers in hulle span gehad het, wat verlede maand gespeel het, is hulle nou gediskwalifiseer.

Krieket Suid-Afrika sê die Warriors het hulle nie oor die kwota-tekort in kennis gestel nie en daarom is die span beboet.

KSA voeg by dat spanne al in die verlede nie aan die kwotavereistes voldoen het nie, maar dat dit betyds aan hulle gekommunikeer is.

Die Dolphins sal nou die Warriors se plek in die uitspeelfase inneem.

One Response

  1. Na 30 Jr steeds kwota vereistes?
    Kwotaspeler word so gebrandmerk.
    Bloot ñ kwotaspeler en nie volgens prestasie nie….

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou