Luister nou

Meer as 2 700 nuut opgeleide polisiekonstabels sluit by die SAPD aan

Deur Pretoria FM Nuusspan

12 Desember 2024

Meer as 2 700 nuut opgeleide polisiekonstabels het vandag hulle opleiding voltooi, en sal ontplooi word om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se veiliger feesseisoenbedrywighede.

Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het vroeër vandag saam met die adjunkministers van polisie, Cassel Mathale en Polly Boshielo die nuut opgeleide beamptes verwelkom.

Polisiekonstabels – wat vanaf April 2024 die Basiese Polisie-ontwikkelingsleerprogram ondergaan het – sal gelyktydig aan uitpasseringsparades in Pretoria, Bishop Lavis, Graaff-Reinet en Ulundi bywoon.

Dié nuut-opgeleide polisiebeamptes sal by verskeie polisiestasies regoor die land ontplooi word om polisiekantore se mannekrag te versterk.

Mchunu sê hy is trots op die byna 3 000 jong mense, wat die polisie se oproep gehoor het, en aangesluit het by die polisie-akademie. Hy meen die nuwe polisiekonstabels is toegewyd om hul land met trots, eer en waardigheid te dien.

“Soos wat julle met julle loopbaan begin, onthou net dat jy die vertroue en die hoop van Suid-Afrikaners op jou skouers dra.”

https://twitter.com/Senzo_Mchunu_/status/1867158095597551870

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Fotokrediet: Rolling Stone

Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Nhlanhla Mkhwanazi

Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke

Ander Nuus Artikels

Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool
V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe
IEC
Koalisies is ons voorland
Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad

Luister nou