Luister nou

Grensowerhede bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag by Lebombo-grenspos

Deur Pretoria FM Nuusspan

13 November 2024

Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê Suid-Afrika se grensowerhede sal op ’n hoë gereedheidsgrondslag by die Lebombo-grenspos met Mosambiek bly.

Schreiber sê Suid-Afrika moet die situasie fyn dophou om sy eie veiligheid en ekonomiese belange te beskerm. Volgens hom het geweld in Mosambiek tot ’n moeilike situasie by die Lebombo-grenspos gelei, wat erger kon geraak het, as dit nie vir die Grensbestuurowerheid se vinnige optrede was nie.

Schreiber sê daar is goeie samewerking tussen verskillende departemente wat na die veiligheid op die grens met Mosambiek omsien.

Die sluiting van die grenspos vroeër, het sowat R5-miljard gekos, wat handel en ander ekonomiese bedrywighede betref.

Mosambiekse landsburgers betoog weens hulle ontevredenheid met die uitslae van die onlangse verkiesing.

Intussen berig Netwerk24 dat twee jong mense glo vroeër vandag op ’n erf in Mosambiek doodgeskiet is nadat die geweld by die grenspos weer vandag opgevlam het. ‘n Joernalis in Maputo, Nádio Jaime Taimo sê die twee slagoffers wat glo nie deel van die betoging nie, maar is in ‘n erf in die Nampula-provinsie raakgeskiet.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fly Squad

Blitspatrollie se wiele val af

Skool

Ouers smeek vir ’n veilige skool

V (4)

Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?
Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk
Ruaan Pienaar
Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in
Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool

Luister nou