Luister nou

SOE kry opdrag om uitbetalings tydens 2021-onluste te ondersoek

Deur Pretoria FM Nuusspan

12 November 2024

President Cyril Ramaphosa het ‘n proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) opdrag gee om moontlike bedrieglike optrede, eise en uitbetalings – wat verband hou met die 2021-onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal – te ondersoek.

Sasria, ‘n staatsbeheerde versekerings-onderneming, het tien-duisende eise ten bedrae van miljarde rand ontvang. Teen November 2021 is meer as 14 000 eise reeds ontvang.

In die proklamasie sê die president dat die staat verliese gely het wat moontlik verhaal mag word.

Ramaphosa sê hy vind dit noodsaaklik dat beweringe wat gemaak word, ondersoek behoort te word en dat siviele optrede moet volg wat uit dié ondersoek kan spruit.

Die ondersoek kom nadat skade van nagenoeg R30-miljard aangerig is tydens die onluste wat op 9 Julie 2021 begin het nadat oud-president Jacob Zuma in hegtenis geneem is nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Destydse beeldmateriaal het gewys hoe duisende mense winkels, fabrieke en pakhuise plunder, produkte steel, en selfs geboue vandaliseer.

Foto: SIPHIWE SIBEKO | Credit: REUTERS

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fly Squad

Blitspatrollie se wiele val af

Skool

Ouers smeek vir ’n veilige skool

V (4)

Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?
Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk
Ruaan Pienaar
Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in
Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool

Luister nou