Luister nou

Ramaphosa moes van die ander 42 adjunkministers ook ontslae raak – ActionSA

Deur Pretoria FM Nuusspan

ActionSA se parlementêre leier, Athol Trollip, het in reaksie op die verwydering van die DA-LP en adjunk-minister van handel, nywerheid en mededinging, Andrew Whitfielduit gesê dat Ramaphosa nie net een adjunkminister moet verwyder nie, maar dat alle adjunkte verwyder moes word.

Andrew Whitfield.

Trollip meen president Cyril Ramaphosa moet die res van die 42 adjunk-ministers verwyder omdat hulle volgens hom oortollig is. Hy meen nuwe maatreëls moet ook dringend ingestel word oor hoe om seker te maak dat ministers verantwoordbaar gehou word indien hulle nie presteer nie.

Volgens Trollip is Ramaphosa se kabinet nie net een van dié grootstes ter wêreld nie, maar is dit volgens hom ‘n onderpresterende kabinet wat by die dag meer misluk.

Lees ook: DA-adjunkminister uit Ramaphosa se kabinet verwyder

Hy meen Ramaphosa moes van dié geleentheid gebruik maak om sommer die hele kabinet om te keer en te verklein – soos wat ActionSA al lank voor vra.

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, het egter aangedui dat Ramphosa nie planne het om sy kabinet te skommel nie.

Volgens Trollip is daar talle ministers wat tans onder kritiek deurloop en wat dus verwyder kan word uit die kabinet. Hy het onder meer verwys na die minister van menslike nedersettings en tradisionele sake, Thembi Simelane wat ondersoek word vir haar beweerde betrokkenheid by die VBS skandaal, asook Ntshaveni wat tans deur die Nasionale Vervolgingsgesag ondersoek word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak

Tshwane-logo

Koalisies in al die metro’s verwag

Voorblad

AfriForum en March and March deel verskeie standpunte

Internasionale Perspektief nuut

Waarom die GOP nog in November kan wen

Polisielogo

SAPD wéér in die pekel oor omstrede bevorderings

Ander Nuus Artikels

Boek 3
Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026
Boer tot bord
Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere
Meisies en seuns kuberafknouery
Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery
Ernst Roets
3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak
Tshwane-logo
Koalisies in al die metro’s verwag

Luister nou