Die presidensie het in ‘n verklaring bevestig dat president Cyril Ramaphosa ‘n DA-LP en adjunk-minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfielduit sy kabinet verwyder het.
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni het tydens ‘n terugvoersessie oor die kabinetsvergadering gesê dat Ramaphosa Whitfield bedank het vir sy tyd in die kabinet.
Daar is vroeër in News24 berig dat Ramaphosa glo planne het om sy kabinet te skommel. Volgens Ntshavheni het die president geen aanduiding gegee dat hy van plan is om sy hele kabinet te skommel nie.
Dit is nog onduidelik wat tot dié stap gelei het.