Luister nou

R836 miljoen-suurstofkontrak deurspek met onreëlmatighede

30 Julie 2025

Die 800-miljoenrandse suurstofaanlegtender wat deur die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, die IDT, aan die diensverskaffer, Bulkeng, en ander private kontrakteurs toegeken is, is deurspek met sistemiese verkrygingsonreëlmatighede en bedrog. Dít, volgens Price Waterhouse Coopers, wat dié kontrak forensies ondersoek het.

Die kontrak is in 2022 namens die departement van gesondheid aan Bulkeng toegeken vir mediese suurstofaanlegte by 55 openbare hospitale. Wat aanvanklik R250 miljoen sou kos het egter tot R836 miljoen vermeerder.

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, wat die ondersoek versoek het, het die bevindings van die verslag bekend gemaak.

Die departement sê teen die tyd dat hy die tender kon stop, het die regering reeds bykans R13 miljoen daaraan bestee.

Volgens die forensiese verslag het Bulkeng nie aan die vereistes van die tender voldoen nie en nie akkreditasie by die Suid-Afrikaanse Gesondheidsreguleringsowerheid bekom nie.

Die ondersoek het die algehele bodevaluasieproses gebrekkig verklaar.

Die verslag beveel verder dissiplinêre stappe teen die IDT se uitvoerende hoof, Tebogo Malaka, die trust se hoofbestuurder vir voorsieningskettingbestuur, Molebedi Sisi en ander beamptes aan.

Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het die verslag verwelkom.

Motsoaledi het benadruk dat die oomblik toe die ongerymdhede in die Daily Maverick onthul is, hy saam met minister Macpherson die IDT as projekbestuurder verwyder en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika aangewys het, sodat die lewensbelangrike suurstof steeds gelewer kon word.

Fotokrediet: Unicef

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Orgaan

Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”

Fotokrediet: The Mail & Guardian

Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Gamtoos 4

As ons gaan lê is dit tot niet

Internasionale Perspektief nuut

Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het

Handboeke

VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel begin lank voor die winkelrak
Leon Gropp
Leon Gropp gaan van Comrades tot komedie
Heinrich Marnitz
Heinrich Marnitz terug met Fluweel-klanke
Orgaan
Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”
Fotokrediet: The Mail & Guardian
Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Luister nou