Die geliefde sanger Mathys Roets kuier Sondag 9 Augustus om 10:05 by Esté Gross op Diep Liriek en gesels oor sy loopbaan. Mathys het vanjaar op 6 Junie sy 60ste verjaardag gevier en is reeds vir meer as drie dekades op die verhoog. Om dié besondere mylpaal te vier, bied hy die terugblikproduksie Klankspoor 60:30 by die Fairtree Atterbury-teater aan.
Skakel in op Pretoria FM om te hoor hoe sy loopbaan ontwikkel het, watter mense en liedjies ’n bepalende rol gespeel het, en van die belangrike draaie en afdraaie op sy lewenspad.
Kompetisie:
Vyf gelukkige lesers kan elk ’n stel van twee kaartjies wen vir die vertoning op 2 September om 19:00. Daar is ook ’n tweede vertoning op 3 September om 19:00.
Klik hier en skryf in om deel te neem. Die kompetisie sluit Dinsdag 11 Augustus.
Nog vyf stelle van twee kaartjies word Sondag tydens Diep Liriek op lug weggegee. Maak dus seker jy skakel om 10:05 in.