Luister nou

Wanatu nooi ander e-vervoerdiensbestuurders om hoftu te gaan

Deur Pretoria FM Nuusspan

7 Februarie 2025

Die e-vervoerdiens, Wanatu, sê hy rig ‘n ope uitnodiging aan alle ander e-vervoerdiensbestuurders, om by Wanatu se “Hoftu-aksie” teen verkeersowerhede aan te sluit.

Dit kom nadat Wanatu Woensdag, 5 Februarie, aangekondig het dat hy sy dienste tydelik staak nadat twee van die diens se voertuie deur die Tshwane-metro geskut is. Wanatu is tans in ‘n stryd gewikkel met ‘n afdeling binne die departement van vervoer in Gauteng oor sy permitte.

LEES OOK: Wanatu hoftu

Die hoof uitvoerende beampte van Wanatu, Judith van der Walt het vroeër gesê hulle is van mening dat die voertuie onwettig geskut is.

Volgens Van der Walt nooi hulle e-taxidiensbestuurders van verskillende dienste, insluitend Bolt, Uber en inDrive om deel van die “Hoftu-aksie” te word. Sy sê dat Wanatu sedert die amptelike bevestiging van die maatskappy se registrasie in Oktober 2024 sonder probleme sake gedoen het, maar nou oënskynlik geteiken word.

“Ons is tans besig om die nodige dokumente te finaliseer, en belangstellendes kan ons kontak per e-pos by [email protected].,” sê Van der Walt.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou