Waarom Geert Wilders die volgende Nederlandse premier moet word


Luister nou

Volgende

Waarom Geert Wilders die volgende Nederlandse premier moet word

Nuuskommentaar: 30 November 2023

Deur: Jaco Kleynhans

Kiesers in Nederland het verlede Woensdag ’n einde probeer bring aan die soort slim, dalk eerder slinkse, politieke spel van die afgelope paar jaar waar leë beloftes en die belange van die gevestigde politieke orde dikwels die botoon, teen die wil en belang van gewone, hardwerkende Nederlanders, gevoer het.

Die Nederlandse joernalis Wierd Duk het reeds verlede jaar oor die reuse-breuk tussen die politieke elite en gewone burgers in Nederland geskryf. In ’n boek met 200 onderhoude wat hy met gewone Nederlanders gevoer het, kom hy tot die gevolgtrekking dat daar ’n gedeelde wantroue in Nederland bestaan en dat dié wantroue hoofsaaklik weerspieël word in die verhouding tussen burgers en die regering. Dié verhouding is die afgelope dertien jaar onder die vier verskillende regerings van die eerste minister Mark Rutte ernstig ontwrig. In ’n peiling in aanloop tot verlede week se verkiesing het meer as 50% van Nederlanders gesê dat hulle nie meer vertroue in die politieke stelsel het om oplossings vir hulle land se grootste probleme te vind nie.

Die vier partye wat Nederland die afgelope ses jaar regeer het, het verlede week meer as die helfte van hulle setels in die Nederlandse laerhuis verloor. Die groot wenner was die Partij voor de Vrijheid van Geert Wilders. Wilders se party, wat al 17 jaar in die parlement is, het verlede week eerste geëindig deur hulle aantal setels van 17 na 37 te verhoog.

Saam met Wilders se PVV het ander protespartye ook baie goed gedoen. Een van Nederland se beste parlementslede, Pieter Omtzigt, het twee jaar gelede die sentrumregse Christen-Democratisch Appèl verlaat om as onafhanklike parlementslid te dien. Omtzigt was toe reeds bekommerd oor sy voormalige party en ander regeringspartye se onvermoë en onwilligheid om in belang van gewone Nederlanders op te tree. In 2021 het Omtzigt gesê dat die tradisionele sosiale kontrak waarin burgers aan die staat gesag verleen in ruil vir die beskerming van hul regte, nie meer werk nie. Kort voor vanjaar se verkiesing het Omtzigt sy eie party, die Nieuw Sociaal Contract of NSC opgerig. Dié party het verlede week 20 setels verower.

Nog ’n nuwe politieke party, die BoerBurgerBeweging, het verlede week sewe setels gewen. Ook dié party is uit protes gebore, en spesifiek weens die opstande van Nederlandse boere teen verskeie regeringsmaatreëls wat vir duisende Nederlandse boere ’n bestaanskrisis geskep het.

Terwyl Nederland een van die rykste lande ter wêreld is, voel ’n groot deel van die bevolking dat hul eie bestaan bedreig word in ruil vir Nederlandse radikale klimaatsplanne, die reuse-instroming van immigrante en groter integrasie in Europa, wat beteken dat Nederland stelselmatig sy soewereiniteit aan Brussel afstaan.

Hierdie week vind onderhandelinge vir ’n nuwe koalisieregering tussen die politieke partye plaas. Geert Wilders en sy party het nie uit die lug geval nie. So ook nie ander protespartye nie. Hulle waarsku reeds jare lank oor die politieke krisis in Nederland.  Dit sou dit die regte ding vir hierdie partye wees om ’n koalisieregering saam te stel en om Wilders ’n kans te gee om as premier Nederland in ’n nuwe rigting te stuur. Dit is die wil van die kiesers.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Waarom Geert Wilders die volgende Nederlandse premier moet word


Luister nou

Volgende