Luister nou

Vrystaatse onderwysdepartement het steeds ‘n begrotingstekort

Deur Pretoria FM Nuusspan

Ten spyte daarvan dat die Vrystaatse onderwysdepartement die grootste toewysing in dié provinsie se begroting kry, wil dit voorkom asof daar steeds ‘n begrotingstekort is.

Die provinsie het in totaal R45,8-miljard in die huidige boekjaar gekry om sy dienste te lewer.

Volgens die VF Plus LPW, Armand Cloete, sal die toewysing van R18,8-miljard vir die 2025/2026-boekjaar steeds tot ‘n agterstand van R1,6-miljard-rand lei.

Cloete sê dit word veroorsaak deur ‘n oortrokke bankrekening van R660-miljoen asook agterstallige voordeel-betalings aan derde partye – ter waarde van R960-miljoen.

Volgens Cloete vrees hy watter uitwerking hierdie agterstand op onderwys in die Vrystaat gaan hê. Hy meen indien die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) Graad R verpligtend maak, sal nog onderwysers aangestel moet word, wat die provinsiale onderwysdepartement baie geld gaan kos.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

ekonomie - Pretoria FM

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Polisiebeamptes

SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Ander Nuus Artikels

Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara
Internasionale Perspektief nuut
Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Luister nou