Luister nou

Vrystaatse onderwysdepartement betaal uiteindelik uitstaande Gems-bedrae

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) sê die Vrystaatse Onderwysdepartement het uiteindelik uitstaande bedra aan die staat se mediese skema (GEMS) oorbetaal.

Dit kom nadat die SAOU met regstappe teen die departement begin het nadat die departement versuim het om die lidmaatskap bydraes van lede aan GEMS te betaal.

Die uitvoerende beampte van die SAOU, Paul Sauer sê hulle het bevestiging gekry dat die geld op 2 April betaal is.

“Die SAOU het pro-aktief opgetree en die Arbeidshof op ʼn dringende basis genader, om so te verseker dat die pligsversuim van die departement, wat daartoe sou gelei het dat lede se gesondheid op die spel geplaas word, aangespreek word,” sê Sauer.

Hy sê hulle was bekommerd dat die onderwysers in die Vrystaat hulle lidmaatskap sou verloor omdat die geld nie betaal word nie. “Die SAOU sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die diensvoorwaardes van ons lede beskerm sal word en dat provinsies wat hulle verantwoordelikhede teenoor werknemers nie nakom nie, aanspreeklik gehou word.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou