Luister nou

Voormalige minister se aansoek vir hofdokumente van die hand gewys

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Pretoriase Hooggeregshof het die aansoek van oud-minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula – om toegang tot die ondersoek-dokumente van haar korrupsiesaak te kry, verwerp.

Mapisa-Nqakula het aansoek gedoen dat die staat ‘n sekere deel van die polisiedossier aan haar verskaf.

Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Daar word beweer dat sy, toe sy die minister van verdediging was, omkoopgeld ten bedrae van R4,5-miljoen van ‘n kontrakteur gevra en gekry het.

Regter Mokhine Mosopa het in sy uitspraak gesê haar motivering vir die oorhandiging van die dokumente is blote raaiskote. Hy sê die Hof moet waak teen die risiko dat dit die Staat se saak benadeel.

 

FOTO: KAYA NEWS

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Ander Nuus Artikels

Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Luister nou