13 Desember 2024
Swart leerlinge is meer geneig om geskiedenis in die senior grade as vak op skool te neem as hulle wit eweknieë.
Dit is die bevinding van ‘n verslag wat deur die departement van basiese onderwys vrygestel is, waarvolgens bevind is dat slegs 11% van wit kandidate die vak in graad 12 kies, vergeleke met 32% van swart leerlinge.
Volgens ‘n verslag getiteld “Oorsig van Vordering in die Basiese Onderwyssektor tot 2024”, is die lae persentasie wit leerlinge wat geskiedenis as vak kies sedert 2011 ‘n neiging.
Die hoof van kultuursake by AfriForum, Alana Bailey het in reaksie hierop gesê dat hulle wel klagtes gekry het van wit ouers wie se kinders geskiedenis neem.
Sy sê die idee word geskep dat as jy wit is, word jy as die vyand uitgebeeld, en as jy swart is, word jy as ‘n slagoffer uitgebeeld.