Luister nou

Vermiste Joshlin Smith se tannie getuig

Deur Pretoria FM Nuusspan

Micaela Daniels, Kelly Smith se suster en die vermiste Joshlin Smith se tannie het vandag in die rondgaande hof in Saldana getuig dat Kelly glo vir haar gesê het dat iemand vir Joshlin wil verkoop.

Daniels – ‘n konstabel verbonde aan die polisie se eenheid vir openbare orde in Upington – het verder getuig dat Kelly glo die dag na Joshlin se verdwyning gelukkig geklink het toe sy met haar oor die foon gepraat het.

Volgens Daniels was Kelly verheug oor die klere wat die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, wat toe nog net die leier van die Patriotic Alliance was, vir haar ander twee kinders gekoop het.

Kelly, haar kêrel, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn staan tereg op klagte van onder meer ontvoering en dwarsboming van die gereg.

Die saak duur voort.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou