‘n Uitsmyter wat na bewering betrokke was by die marteling van kliënte by die Zanzou-nagklub in Pretoria, verskyn vandag weer in die hof, waar hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
Die verdagte is in Februarie in hegtenis geneem nadat video’s aan die lig gekom het waarin jong mans fisiek en seksueel deur die nagklub se uitsmyters aangerand word.
LEES OOK: Burgemeesterskomiteelid eis nagklub-eienaars se reaksie ná beweerde aanranding
Sedert die video’s in die openbaar versprei is, het sewe slagoffers na vore gekom. Volgens ‘n IOL-berig het ‘n agtste slagoffer glo intussen na vore gekom.
Die nasionale polisiewoordvoerder, bigadier Athlenda Mathe sê drie van die slagoffers voer aan dat hulle pas hulle matriekuitslae ontvang het, en dat hulle dit by die nagklub wou gaan vier toe die voorval plaasvind.
Die nagklub is intussen gesluit.
Die staat het aangedui dat sy borgtog teengestaan sal word.