Luister nou

Burgemeesterskomiteelid eis nagklub-eienaars se reaksie ná beweerde aanranding

Deur Pretoria FM Nuusspan

Waarskuwing die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel. 

Lede van die EFF het vanoggend ‘n optog buite die Zanzou-nagklub in Pretoria gehou nadat videos aan die lig gekom het waarin ‘n groep mans glo in die klub aangerand word.

Die burgemeesterskomiteelid en EFF-lede buite die klub.

 

Die polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe het vroeër gesê dat drie slagoffers gister na vore gekom het om ‘n klag by die Brooklyn-polisiekantoor aanhangig te maak. Hulle beweer dat personeel van die nagklub hulle en twee ander in 2023 na ’n pakkamer geneem en aangerand het.

 

Klagte van verkragting, seksuele aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering en Crimen Injuria word ondersoek. In die videos is van die mans ondermeer vasgebind terwyl hulle met messe gesteek word. Hulle koppe word ook in waterbakke gedruk.

 

Mathe het die gruweldade as “onmenslik, barbaars, onaanvaarbaar en afbrekend” verwys.

 

Die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid in die Tshwane-metro, en EFF-lid, Tshegofatso Mashabela het ook vanoggend se optog bygewoon. Die EFF meen daar moet dringende optrede wees, en eis dat wetgewing aangepas word.

 

Die party sê die slagoffers is verneder en hulle menseregte is geskend. Mashabela het benadruk dat die skuldige persone aan die pen sal ry. Sy het ‘n beroep op die eienaars van die nagklub gedoen om na vore te kom.

 

Volgens Mashabela besit dié eienaars nog 12 ander besighede in die stad en sal die metro besoek aflê aan al die besighede.

 

Zanzou se deure is tans gesluit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Ander Nuus Artikels

Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Luister nou