Luister nou

Veearts uit taakspan weens vertroulikheidsverklaring

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus het sy skok uitgespreek nadat die minister van landbou, John Steenhuisen, die vooraanstaande veearts, dr. Danie Odendaal se lidmaatskap van die ministeriële taakspan vir staatsbeheerde siektes beëindig het.

Steenhuisen voer aan dat Odendaal versuim het om ’n vertroulikheidskontrak te onderteken, wat tot sy onmiddellike skorsing gelei het. Odendaal, ’n kenner wat sedert 2016 deurslaggewende hulp met bek-en-klouseer verleen, was onlangs uitgesproke oor die staat se trae hantering van epidemies.


Dr. Danie Odendaal

Volgens die VF Plus se woordvoerder oor landbou, dr. Wynand Boshoff is die skuif ’n aanval op Odendaal se kundigheid eerder as ’n administratiewe kwessie. Volgens die VF Plus benadeel hierdie besluit die land se stryd teen aansteeklike siektes.

Fotokrediet: Gallo Images / Siyabonga Sokhela

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou