Luister nou

Valke raak Klaas baas

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Man wat vir 10 jaar vir bedrog soek was is uiteindelik vasgetrek te danke aan sy vingerafdruk.

Die 39-jarige Phandelani Klaas is ná ’n dekade lange soektog deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade – wat in Mthatha in die Oos-Kaap gesetel is – in hegtenis geneem.

Dit was ’n gesamentlike operasie tussen die Valke, die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag.

Die deurbraak het aan die einde van Februarie gekom, nadat ’n dispuut tussen Klaas en die ma van sy kind hulle by ’n polisiekantoor in Pretoria laat beland het.  ’n Roetine-vingerafdrukproses is gevolg toe daar gesien is dat hy ’n gesoekte verdagte is.

Klaas het verlede week in die handelsmisdaadhof in Mthatha op aanklag van bedrog verskyn.

Die saak spruit uit ’n voorval waartydens Klaas as ’n finansiële kontroleur in Dutywa gewerk en na bewering onregmatig sowat R200 000 na sy medepligtiges se bankrekening oorgeplaas het.

Volgens die Valke-woordvoerder, luitenant-kolonel Avele Fumba, was Klaas daarvan bewus dat hy deur die Valke in verband met dié saak ondersoek en gesoek word.

Fumba sê Klaas se medepligtiges is nog op vrye voet.

Klaas is op borgtog van R2 000.00 vrygelaat en sal na verwagting weer op 26 Maart in die hof verskyn.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Fotokrediet: Zoutnet

Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered

Business finance and investment concept, Capital gain world money economic growth. coin stack financial graph chart, market report on cash currency concept.

IMF voorspel sterker wêreldwye groei danksy KI-hupstoot

Fotokrediet: The Mail & Guardian

President Cyril Ramaphosa: Transformasie van landbou is noodsaaklik

Ander Nuus Artikels

DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig
Fotokrediet: Facebook
Iran is versigtig vir die VSA se aanval
Airlink-verbyvlug
BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af
Fotokrediet: Reuters
Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Luister nou