Luister nou

Twee senior polisiebeamptes verskyn vandag in die hof

Deur Pretoria FM Nuusspan

Twee senior polisiebeamptes wat deur die Politieke Moorde-Taakspan in hegtenis geneem is, verskyn vandag in die Kempton Park-landdroshof.

Volgens berigte is die beamptes die Gautengse hoof van die Valke, Ebrahim Kadwa, en misdaadintelligensiebeampte Feroz Khan.

Kadwa is Saterdag in hegtenis geneem, terwyl Khan gister by ’n woonstel in Houghton aangekeer is.

Die twee staan tereg op aanklagte van onwettige handel in edelmetale, korrupsie, regsverydeling en die oortreding van wetgewing wat die handel in edelmetale reguleer.

Die polisie se woordvoerder, Athlenda Mathe sê die inhegtenisnemings vorm deel van pogings om kriminele netwerke wat betrokke is by die onwettige handel in edelminerale en korrupsie, in hul spore te stuit.

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou