Die Tshwane-metro se water- en sanitasie-eenheid gaan môre ’n beplande aansluiting in Jakarandastraat doen wat inwoners van Hennopspark tot agt uur lank sonder water kan laat.
Die onderbreking duur van 8:00 die oggend tót 16:00 die middag en sal verskeie Hennopspark-uitbreidings sowel as sakeparke en die Centurion Lifestyle-sentrum raak.
Die metro sê rondgaande watertrokke sal beskikbaar wees totdat die toevoer herstel is. Die woordvoerder van die Tshwane-metro, Lindela Mashigo vra omverskoning vir die ongerief.