Luister nou

Trump moet op suksesrekord fokus en nie vreemde afleidings nie

Deur Redaksie

Jaco Kleynhans

Die verandering van die Amerikaanse deelstaat New-Mexico se naam na New-America, die verandering van Lake Ontario na Lake America, die voortdurende handelsoorlog met Kanada, omstrede sosialemediaplasings wat onder andere Ysland by die VSA op ’n kaart insluit en ander gekke opmerkings deur president Donald Trump die afgelope tyd staan nie in diens van sy administrasie se rekord die afgelope 19 maande nie. Trump sal op die suksesse van sy regering moet fokus en afleidings vermy indien die Republikeine ’n rampspoedige middeltermynverkiesing wil voorkom.

Die afgelope week het die Republikeine ’n spesiale middeltermynkonvensie in Dallas, Texas gehou. Dit is steeds duidelik dat daar op grondvlak in die MAGA-beweging baie energie bestaan en groot steun is vir Trump. In die gemiddeld van die laaste 11 geloofwaardige peilings die afgelope vier weke in die VSA geniet Trump steeds die steun van 39,6% van.

Die Iran-oorlog het geweldig baie energie van die Trump-administrasie die afgelope maande opgeneem. Dit het Amerikaners se persepsie oor die Amerikaanse ekonomie baie negatief geraak – veral weens hoë oliepryse en kommer oor inflasie. Trump het Woensdag in Dallas baie hard probeer om die oorlog te motiveer. Wat hy eerder moet doen is om die krag van die Amerikaanse ekonomie te motiveer en Amerikaners te oortuig dat dit wel goed gaan met die land se ekonomie.

Die afgelope weke word die grafskrif vir die Trump-administrasie weer orals in die Suid-Afrikaanse, maar ook internasionale media geskryf. Dit is egter oneerlik, kortsigtig en tekenend van mense wat weinig van die Amerikaanse politieke landskap verstaan.

In die RealClearPolitics gemiddeld van peilings het president Barack Obama op 9 September 2014 ’n steunvlak van 42% gehad. George W. Bush se steun het op 9 September 2006 op 41,2% gestaan. Trump s’n was Woensdag op 39,6%. Dit beteken dat daar ’n reuserisiko vir Trump en die Republikeine is om op 3 November ’n loesing by die stembus te kry.

Daar is egter ook ’n ander scenario moontlik. Trump het nog nooit die goedkeuring van ’n meerderheid van Amerikaanse kiesers geniet nie. Vorige presidente, soos Obama en Bush (Biden word uitgesluit, want hy het slegs een termyn gedien), het met tye die steun van heelwat meer as 50% van die kiesers geniet. Wat Trump egter wel aan sy kant het, is ’n reuse-, aktivistiese en uiters lojale magsbasis.

Die stempersentasie in middeltermynverkiesings is altyd besonders laag. In 2006 was dit maar 41,3%. In 2010 was dit 41,8%, in 2014 36,7%, in 2018 50% en in 2022 46,2%. Dit beteken dat ’n meerderheid van Amerikaanse kiesers nie in middeltermynverkiesings gaan stem nie. Gewoonlik wen die party wat nie in regering is nie middeltermynverkiesings omdat hulle eenvoudig beter daarin slaag om hulle afkeur in die regering by die stembus te gaan toon.

In die era van Trump geld ou reëls egter nie meer nie. Dieselfde mense wat Trump nou afskryf, het in 2022 en 2023, toe Trump die een regsaak na die ander in die gesig gestaar het, en duisende van sy ondersteuners vir die opstand op 6 Januarie 2021 by die kongresgebou vervolg is, die einde van Trump aangekondig. In 2024 het Trump egter ’n beslissende oorwinning behaal.

Ten spyte van ongegronde bewerings is die MAGA-basis so sterk soos ooit vantevore. Dit beteken miljoene MAGA-voetsoldate gaan oor die volgende weke stemme werf en mense by die stembus kry. Die Demokrate is verdeeld, het min fondse vir die verkiesing gewerf en het in talle deelstate totaal radikale kandidate.

Indien die stempersentasie, soos verwag, vanjaar weer minder as 50% is, maak Trump se steun van 40% onder kiesers nie soveel saak nie. Die vraag is bloot watter 50% van Amerikaners gaan stem.

Die huidige Trump-administrasie bly een van die mees transformerende administrasies in dekades in Washington. Vir enige konserwatiewe persoon is die lys van oorwinnings omvangryk. Die wyse waarop die woke-beweging uit instellings gedryf is, die vermorsing van Amerikaanse belastinggeld op gekhede soos genderstudies by universiteite regoor die wêreld (ook in Suid-Afrika) en die finansiële ondersteuning aan linkse media beëindig is, is alles reusesuksesse.

Die Trump-administrasie het verlede jaar blitsvinnig ’n einde gebring aan onwettige immigrasie. Tans word 10 000 onwettige immigrante en asielsoekers weekliks gedeporteer terwyl die buitelandse bevolking in die VSA die afgelope 19 maande met meer as 1 miljoen afgeneem het, soos wat mense ook vrywillig na hulle lande van herkoms terugkeer.

Die Amerikaanse ekonomie toon ook sterk groei onder Trump met ’n hoër groeikoers as enige ander Westerse land. Verlede maand is daar meer as 150 000 nuwe werksgeleenthede in een maand geskep.

Amerikaanse olie- en gasproduksie het rekordvlakke bereik en die VSA het onlangs die eerste land geword wat meer as 100 miljoen metrieke ton vloeibare aardgas (LNG) in ʼn enkele jaar uitgevoer het.

Misdaad het sedert Trump se terugkeer na die Withuis drasties afgeneem. Die moordsyfer het in 2025 tot sy laagste vlak in 125 jaar gedaal.

Elon Musk se DOGE en ’n reuseveldtog van deregulering het honderde miljarde aan spandering bespaar. Die federale burokrasie is met ongeveer 10% verminder, nadat die federale werksmag onder Biden in 4 jaar met 20% gegroei het.

Die Trump-administrasie se sterk fokus op die herlewing van die Westerse beskawing en ’n sterk fokus op samewerking met volkere, groepe en organisasies wat die Westerse beskawing wil beskerm en laat herleef, is van groot belang.

Trump sal oor die volgende agt weke op hierdie suksesse moet fokus en nie sy aandag laat aflei nie. Die Iran-oorlog moet beëindig word, MAGA-kiesers moet gemobiliseer word om op 3 November te gaan stem en Amerikaners moet hulle vertroue in Trump herwin om groot ekonomiese sukses oor die volgende twee jaar te bewerkstellig. Dit kan nog gebeur, maar die tyd raak min.

Kleynhans is die hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit. 

Gewilde Nuus

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

’n Aanval op die hart van Amerika

Telkom Towers

Privaatvennote gesoek om Telkom Towers-kompleks op te knap

Gevangenes

173 tronkbewaardes loop deur oor wangedrag ná Rooigrond-ontsnapping

Fotokrediet: Maroela Media

Twee vas na hulle glo groot hoeveelheid dwelms in Erasmia vervaardig

Fotokrediet: Maroela Media

Fondsinsameling vir Tommy Dell wat veg vir sy lewe

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 11 September 2026
Sonkrag - Colorado Clean Energy Fund
Suid-Afrikaners moet binne drie weke sonkrag registreer
OLYMPUS DIGITAL CAMERA
’n Aanval op die hart van Amerika
Telkom Towers
Privaatvennote gesoek om Telkom Towers-kompleks op te knap
Gevangenes
173 tronkbewaardes loop deur oor wangedrag ná Rooigrond-ontsnapping

Luister nou