Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Toelae: ʼn pleister op ʼn septiese wond

Nuuskommentaar: 22 Julie

Deur: Johnell van Vollenhoven

Die ANC en die regering is besig om ernstige oorweging aan die instelling van ʼn basiese inkomstetoelaag te skenk. Pres. Cyril Ramaphosa het dit in sy mees onlangse toespraak aangekondig.

Die ANC sowel as die regering moet blykbaar wys dat hulle omgee vir die mense van Suid-Afrika en deur ʼn toelaag uit te deel, sal hulle bewys dat hulle omgee. Die toelaag word voorgehou as ʼn daadwerklike poging om armoede en ongelykheid te takel.

Ek staan verstom. Met bietjies kontant uit die reeds leë staatskas wil die regering en die ANC pleisters op ʼn wond plak wat reeds besig is om van binne af te sweer en septies te raak. Nóg meer afhanklikheid, nóg meer druk op belastinggeld … Wat die ANC en die staat tans doen, is om hulle blind te staar teen die hoë werkloosheidskoers en veral jeugwerkloosheid wat tans op amper 75% staan. Hulle gryp na kitsoplossings maar hanteer nie die werklike probleem daar waar hulle dit kan uitroei nie.

Wat die jeug betref, behoort die regering in werklikheid een doel voor oë te hê – berei die jeug voldoende voor om die arbeidsmark suksesvol te betree. Hoe en waar moet dit gebeur? In die onderwys, vanaf vroeë ontwikkeling regdeur tot by matriek. Roei die werklike probleem van ʼn tekort aan vaardighede en basiese kennis uit en voed die kinders van Suid-Afrika op met ʼn waardestelsel wat werksetiek, verantwoordelikheid en ʼn strewe na uitnemendheid stimuleer. Leer hierdie kinders om selfstandig, onafhanklik en veerkragtig te wees en pluk die vrugte daarvan wanneer jou werkloosheidsyfer, veral onder die jeug, kleiner word omdat die jeug nie net kán werk nie, maar ook wíl werk.

Die hulpmiddele wat vereistes is vir so ʼn stelsel gaan jy aantref daar waar die ANC klaaglik misluk het met implimentering. Jy vind dit in die ontwikkeling van leerprogramme en akademiese tale, die skryf van handboeke en die afdwing van dissipline so ver dit gedrag, maar ook uitkomste betref, veral wanneer uitkomste nie behaal word nie. Jy sal dit ook aantref in die daarstel van doeltreffende alternatiewe wat nie die akademie ondermyn nie maar waar geleenthede vir diverse vaardighede meer geredelik beskikbaar is en die gehalte van hierdie onderrig nie onderbreek word nie.

Met die grootste begroting van al die departemente, staan ek verstom oor hoe min die huidige regering met onderwys uitgerig het sedert hy in 1994 aan bewind gekom het. Sy flou verskonings en verplasing van blaam waai saam met leë beloftes in die wind rond, terwyl die mense wat hy kwansuis bevry het, onder sy vergrype gebuk gaan.

Daar is vandag minder skole om van te kies. Daar is minder geld om van te leef. Ondernemings word dood gereguleer en staatsinstellings word gebuit. En die ANC en die regering wil pleisters op sere plak. Bietjie vir bietjie wil hulle ʼn paar rande uitdeel om die ergste honger te stil … ʼn pleister op ʼn wond wat reeds septies is.

Waar is die bemagtiging? Waar is gelykheid? Jy kan dit nie met ʼn toelaag koop nie. Jy kan dit slegs wegleer en wegwerk. Dit is die staat se verantwoordelikheid. Dit is hoe hy kan wys hy gee om – deur die daarstelling van infrastruktuur, die opleiding van kundiges en deur die opvoeding van kinders sodat hulle toegerus die skool kan verlaat en hul brood met waardigheid kan verdien.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

WhatsApp Image 2025-05-15 at 10.12.02_917487ab

Ramaphosa sal volgende week die VSA besoek

unie

Nuuskommentaar: Toenemende ekonomiese kommer en onmin in RNE – ’n gevaarlike kombinasie

KLEUTERZONE2

Kleuterzone finaal gelikwideer

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”
FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)
Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water
Untitled design (5)
Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate
Gq-hV1-WIAAgdFh
Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende