Luister nou

Suid-Afrikaanse rybewyse nou 10 jaar geldig

Deur Walter Ernst

Suid-Afrikaners se rybewyse sal voortaan vir tien jaar geldig wees. Die kabinet het die groen lig gegee vir dié verlenging ván vyf tót tien jaar.

Volgens die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni sal die wysiging vir ligte voertuie en motorfietse, insluitend kodes A, A1, B en EB, geld.

Swaar kommersiële voertuie en voertuie wat vir openbare vervoer gebruik word, sal steeds onderhewig wees aan hernuwingstydperke wat wissel tussen twee en vyf jaar.

Die verlenging is twee jaar langer as die agtjaar-geldigheidstydperk wat voorheen deur die Departement van Vervoer voorgestel is.

Ntshavheni sê dat hierdie besluit op voortdurende probleme met die land se enigste lisensiedrukker volg wat herhaaldelik ingegee en groot agterstande meegebring het.

Dié besluit strook met internasionale standaarde en sal druk op die stelsel verlig en vir motoriste tyd en geld spaar.

Ntshavheni sê egter dat die besluit wetswysigings vereis alvorens dit in werking kan tree. Motoriste word daaraan herinner om steeds hul lisensies wat verval te hernu.

 

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou