Walter Ernst
Die Departement van Landbou het ’n omvattende tienjaarstrategie bekendgestel om die verspreiding van bek-en-klouseer landwyd te stuit.
Dié aansteeklike virus het reeds na agt provinsies in die land versprei, behalwe na die Noord-Kaap.Byna twee miljoen beeste is reeds sedert April verlede jaar ingeënt. Die nuwe strategie behels onmiddellike inentings in streke wat geraak word, wat elke drie maande herhaal sal word. Die fokus is veral op voerkrale en melkerye, terwyl kommersiële en gemeenskaplike kuddes ook prioriteit geniet.
In dié dele van Mpumalanga en Limpopo waar besmettings by buffelboerderye toegeneem, sal daar elke twee jaar veldtogte van stapel gestuur word om ’n beskermingsone te vestig.
Fotokrediet: Netwerk24