Luister nou

Stilfontein: Ontbinde liggaam na oppervlak gebring

Deur Pretoria FM Nuusspan

3 Desember 2024

Die ontbinde liggaam van ‘n vermeende onwettige mynwerker is vroeër vanmiddag uit skag 11 van die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal.

Die gemeenskap se vrywilligers het vroeër kos in die skag laat afsak, waarna die liggaam na die oppervlak gestuur is.

Die gemeenskapsleier, Mandla Charles, sê daar is nog liggame ondergronds en die onwettige mynwerkers wat steeds onder die grond is, eis dat toue verskaf word om nog oorledenes na die oppervlakte te stuur.

Volgens berigte het die onwettige mynwerkers glo notas na die oppervlak gestuur, en gesê dat vyf mense reeds dood is. Hulle meen die reuk van ontbinding ondergronds is ondraaglik.

Die myn is reeds ‘n geruime tyd in die nuus weens talle onwettige mynwerkers wat die afgelope ruk ondergronds bly, en weier om na die oppervlak te kom.

Foto: X

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fly Squad

Blitspatrollie se wiele val af

Skool

Ouers smeek vir ’n veilige skool

V (4)

Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?
Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk
Ruaan Pienaar
Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in
Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool

Luister nou