Luister nou

Solidariteit nader persombud nadat koerant hom as ‘n “moegoe” bestempel

Deur Pretoria FM Nuusspan

13 November 2024

Die vakbond Solidariteit het ‘n klagte by die persombud van Suid-Afrika teen die koerant, Sunday World ingedien. 

Volgens die vakbond se adjunkbestuurshoof, advokaat Anton van der Bijl hou die klagte verband met onwaarhede in dié koerant se redaksionele kommentaar onder die opskrif: “Moegoe: AfriForum” die afgelope Sondag.

Van der Bijl voeg by dat die skrywer in dié kommentaar – waarin die Bela-protesoptog onder leiding van die Solidariteit Beweging gekritiseer word – verskeie valshede kwytraak.

LEES OOK: Solidariteit: Dit is nou tyd vir praat oor Bela

Daar word onder meer verwys na AfriForum en sy bondgenote as organisasies wat die apartheidvlag tydens die protesoptog laat wapper het. “Verdere beskuldigings in die kommentaar is dat die oranjekleurige T-hemde wat by die geleentheid gedra is verteenwoordigend van die apartheidsvlag mag wees.”

Hy sê hierdie kleur is welbekend as die korporatiewe kleur van die Solidariteit Beweging en hou sterk verband met ʼn veel ouer Afrikanergeskiedenis.

Van der Bijl sê Solidariteit vra die ombud om ’n verskoning van die publikasie te eis om só die valshede oor die protesoptog en die organisasies wat dit vreedsaam gelei het, te takel.

https://twitter.com/SundayWorldZA/status/1855891919999504801
https://twitter.com/SundayWorldZA/status/1856593140976615829

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou