Luister nou

Solidariteit kondig voorstel aan vir oplossing anderkant die BELA-geskil

Deur Pretoria FM Nuusspan

18 Desember 2024

Solidariteit het ʼn voorstel aangekondig vir ʼn oplossing vir die voortslepende BELA-geskil.

Die vakbond het ook ʼn uitnodiging aan die onderwysvakbond, SADOU gerig vir gesprekke. Volgens die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, is daar ʼn groter kans om die geskil op te los as werkers met mekaar in gesprek tree, eerder as dat politieke partye met mekaar baklei.

Hy sê die fokus van die gesprek met SADOU sal wees op moedertaalonderrig vir alle Afrikataalsprekers.

Hermann sê Solidariteit glo sy voorstel bied ‘n wen-wen oplossing wat vir die ANC, DA, SADOU en AfriForum aanvaarbaar sal wees. Solidariteit stel ook voor dat verdere gesprekke oor BELA deel vorm van die komende nasionale dialoog.

Volgens hom is daar geen wettige wyse waarop die Bela-wet in sy geheel geïmplementeer kan word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou