Die vakbond, Solidariteit is woedend nadat die Johannesburgse metro gister een van sy reuseadvertensieborde in Johannesburg sonder toestemming of voorafkennisgewing laat verwyder het.
Volgens Solidariteit is die bord onwettig afgehaal en beskou hulle die stap as ’n skending van hul regte op vryheid van uitdrukking.
Die vakbond sê hulle is nie vooraf deur die metro van die stap in kennis gestel of daaroor gewaarsku nie en meen dat die skielike verwydering sonder sonder verduideliking plaasgevind het.
Solidariteit het aangekondig dat hulle stappe teen die metro oorweeg en eis ’n verduideliking vir die optrede.
Die vakbond meen die voorval wys op toenemende onverdraagsaamheid teenoor meningsverskille in openbare ruimtes.
