Luister nou

Skoolhoof wat van seksdade met seuns aangekla is pleeg selfmoord

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Voormalige skoolhoof van Pretoria, Martin Kotze, wat daarvan aangekla is dat hy kinders aan pornografie blootgestel het, het sy eie lewe geneem.

Kotze is op 13 Desember verlede jaar in hegtenis geneem, nadat daar in Augustus verlede jaar ’n klag by die polisie gelê is. Na verdere ondersoek het meer as twaalf slagoffers na vore gekom.

Kotze het tereg gestaan op vier aanklagte wat verband hou met die seksuele voorbereiding van kinders en drie aanklagte van blootstelling of die vertoon van pornografie aan kinders.

Die slagoffers was almal seuns tussen die ouderdom van dertien en agttien jaar.

Tydens sy gesprekke met die seuns sou Kotze hulle na bewering uitlok om ’n waarheid-of-durf-speletjie te speel as ‘n slenter om eksplisiete video’s van homself aan hulle te stuur. Hy sou hulle dan uitdaag om dieselfde te doen.

Hy het in Desember vir die eerste keer in die Pretoriase landdroshof verskyn en sou eerskomende Donderdag weer verskyn.

Die staat het op 31 Desember Kotze se borgtogaansoek teengestaan, maar hy is op borgtog van R10 000 – sonder enige voorwaardes – vrygelaat.

One Response

  1. Sal graag meer wil weet. Ek het die persoon geken in sy vroëer onderwys dae. Al wat ek weet. Hy was n goeie onderwyser. En het baie omgegee vir die kinders.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou