’n Voormalige skoolhoof van Pretoria, Martin Kotze, wat daarvan aangekla is dat hy kinders aan pornografie blootgestel het, het sy eie lewe geneem.
Kotze is op 13 Desember verlede jaar in hegtenis geneem, nadat daar in Augustus verlede jaar ’n klag by die polisie gelê is. Na verdere ondersoek het meer as twaalf slagoffers na vore gekom.
Kotze het tereg gestaan op vier aanklagte wat verband hou met die seksuele voorbereiding van kinders en drie aanklagte van blootstelling of die vertoon van pornografie aan kinders.
Die slagoffers was almal seuns tussen die ouderdom van dertien en agttien jaar.
Tydens sy gesprekke met die seuns sou Kotze hulle na bewering uitlok om ’n waarheid-of-durf-speletjie te speel as ‘n slenter om eksplisiete video’s van homself aan hulle te stuur. Hy sou hulle dan uitdaag om dieselfde te doen.
Hy het in Desember vir die eerste keer in die Pretoriase landdroshof verskyn en sou eerskomende Donderdag weer verskyn.
Die staat het op 31 Desember Kotze se borgtogaansoek teengestaan, maar hy is op borgtog van R10 000 – sonder enige voorwaardes – vrygelaat.
One Response
Sal graag meer wil weet. Ek het die persoon geken in sy vroëer onderwys dae. Al wat ek weet. Hy was n goeie onderwyser. En het baie omgegee vir die kinders.