Marelize Maré
Suid-Afrika se deelname aan ‘n groot internasionale vloot-oefening saam met China, Rusland en Iran vandeesweek, bewys glo die ernstige beperkings van die land se vloot.
Die verdedigings-navorser Helmut Heitman, meen die oefening is nie ‘n hoë-vlak oorlogsdril nie, maar eerder ‘n basiese oefening wat op kommunikasie en eenvoudige bewegings fokus, wat dui op die beperkte bedryfs-bevoegdheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.
Hy het gesê daar is slegs een fregat wat ten volle seewaardig is, maar dat dit nie geveg-gereed is nie, omdat dit van verourderde sensors en wapens gebruik maak wat die afgelope twee dekades nog nie verbeter is nie.
Heitman meen verskeie ander skepe benodig ook uitgebreide onderhoud en die afwesigheid van martieme patrollie-vliegtuige in die lugmag verswak die vloot se operasionele rykwydte.
Hy het gewaarsku dat oefeninge saam met Rusland en Iran aansienlike politieke kostes sal hê omdat dit die verhouding met sleutel-vennote in Europa en die VSA kan skade berokken.
Fotokrediet: Brenton Geach