Luister nou

Rolprentlegende, Robert Redford sterf

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die akteur en regisseur, Robert Redford, is in die ouderdom van 89 in sy huis in Utah, Amerika oorlede.

Redford, wie se loopbaan oor ses dekades gestrek het, het in sy slaap gesterf. Volgens sy publisiteitsagent, Cindi Berger, is die oorsaak van sy dood nog nie bekend nie.

Die akteur, bekend vir sy kenmerkende golwende kuif en sproete, het sy deurbraak in 1969 in die rolprent Butch Cassidy and the Sundance Kid gemaak, waarin hy teenoor Paul Newman gespeel het.

Hy was ook die medestigter van die bekende Sundance-rolprentfees vir onafhanklike filmmakers.
Buiten sy bydraes tot die rolprentwêreld was Redford ook ‘n toegewyde omgewingsaktivis wat hom beywer het vir die bewaring van die natuurlike omgewing in Utah.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Valke-kar

Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement

Fotokrediet: News24

NSFAS staak befondsing aan duisende

Kokaïen 6

SAID lê beslag op reusedwelmvonds

Betoging - March and March

Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting

Fotokrediet: Medium

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Ander Nuus Artikels

Integrisure
Versekeringsmakelaar of direkte versekeraar: Wat is die werklike verskil?
Fotokrediet: Maroela Media
Eerste volledige Afrikaanse Bybel 93 jaar gelede in gebruik geneem
Fotokrediet: Netwerk 24
Gift of the Givers is reg vir Nepal
Valke-kar
Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement
Fotokrediet: News24
NSFAS staak befondsing aan duisende

Luister nou