Luister nou

Rolprentlegende, Robert Redford sterf

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die akteur en regisseur, Robert Redford, is in die ouderdom van 89 in sy huis in Utah, Amerika oorlede.

Redford, wie se loopbaan oor ses dekades gestrek het, het in sy slaap gesterf. Volgens sy publisiteitsagent, Cindi Berger, is die oorsaak van sy dood nog nie bekend nie.

Die akteur, bekend vir sy kenmerkende golwende kuif en sproete, het sy deurbraak in 1969 in die rolprent Butch Cassidy and the Sundance Kid gemaak, waarin hy teenoor Paul Newman gespeel het.

Hy was ook die medestigter van die bekende Sundance-rolprentfees vir onafhanklike filmmakers.
Buiten sy bydraes tot die rolprentwêreld was Redford ook ‘n toegewyde omgewingsaktivis wat hom beywer het vir die bewaring van die natuurlike omgewing in Utah.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou