Esmarie Yssel
Owerhede in Singapoer het ’n rekordgetal renosterhorings wat glo van witrenosters in Suid-Afrika gestroop en vir Laos bestem is onderskep.
Die gesmokkelde horings is saam met ander dierebeendere, -tande en -kloue in meubelment versteek.
Singapoer se Nasionale Parkeraad het bevestig dat daar op 35,7kg se renosterhorings – wat sowat R15 miljoen werd is – tydens ’n roetineinspeksie afgekom is.
Beamptes sê die horings is beslis van witrenosters in Suid-Afrika, terwyl verdere toetse nog gedoen word om die ander materiaal te identifiseer.
Singapoer is ’n ondertekenaar van die Konvensie vir Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, Cites, en handhaaf streng wette teen die handel in beskermde fauna en flora.