Luister nou

“Regering het geen simpatie met onwettige mynwerkers nie”

Deur Pretoria FM Nuusspan

14 November 2024

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het geen simpatie met onwettige mynwerkers wat in ‘n skag in Stilfontein is nie, en sê dit is nie die regering se taak om die liggame van misdadigers te herwin nie.

Sy het dit ook duidelik gemaak dat wetstoepassers se lewens nie in gevaar gestel moet word om misdadigers te help nie.

Ntshavheni het tydens ‘n mediakonferenise gereageer op ‘n vraag of die regering ‘n aantal sogenaamde zama zama’s – wat ondergronds is – sal help.

Sy het geamuseerd voorgekom met die vraag en aan die joernalis gesê dat wetstoepassers die mynwerkers sal uitrook omdat hulle met voorbedagde rade midaad pleeg.

Tot soveel as 4 500 mynwerkers by Stilfontein en Orkney is steeds ondergronds  – met meer as ‘n duisend wat die afgelope twee weke vrywillig na die oppervlak terug gekeer het – nadat die weermag en polisie hulle voorraadlyne onderbreek het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fly Squad

Blitspatrollie se wiele val af

Skool

Ouers smeek vir ’n veilige skool

V (4)

Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?
Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk
Ruaan Pienaar
Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in
Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool

Luister nou