Luister nou

President Ramaphosa waarsku bendes

Deur Pretoria FM Nuusspan

President Cyril Ramaphosa het georganiseerde misdaad en bendes gewaarsku dat die regering dit doelbewus gaan ontbind.

Hy sê ’n nuwe inisiatief, gelei deur die land se beste kundiges, sal met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoek-eenheid saamwerk om die strafregstelsel te hervorm en misdadigers te vervolg.

Ramaphosa het gereageer op die debat oor sy Staatsrede, wat deur die meeste partye as inspirasieloos bestempel is.

Hy het benadruk dat Suid-Afrika die hulpbronne en vermoë het om misdadige bendes te stop en die wet en orde te herstel.

Ramaphosa sê ander lande het, wanneer hulle met georganiseerde misdaad en misdaadbendes gekonfronteer is, daarin geslaag om hul strafregstelsels te hervorm en die regstaat te herstel.

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou