Marelize Maré
Die Openbare Beskermer het beslis dat nie die departement van verdediging óf die presidensie onwelvoeglik opgetree het betreffend die omstrede uitgawes van meer as R500-duisend aan peperduur spyseniering op die presidensiële vliegtuig, Inkwazi, nie.
Die uitgawes is aangegaan ná die begrafnis van Koningin Elizabeth II in 2022 waar etes op die vliegtuig bedien is.
Die passasiers, wat president Cyril Ramaphosa ingesluit het, het glo weggelê aan weelderige disse en drankies ter waarde van R24-duisend per persoon op die vlug terug van Londen.
Die DA se leier, John Steenhuisen beweer dat die spyseniering vir minder as 18 gaste tydens die vlug op R600-duisend te staan gekom het.
Volgens advokaat Kholeka Gcaleka was die werklike koste vir die vlug se spyseniering egter net meer as R139-duisend.
Sy het bevind dat die presidensie en die departement binne die grense van hul wettige raamwerk opgetree het en dat die optrede nie op wanadministrasie of onbehoorlike gedrag dui nie.
Fotokrediet: Getty Images