Gautengse ouers het nog net tot middernag vanaand om Graad 1- of Graad 8-plasing vir 2027 aan te vra.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum doen ’n dringende beroep op ouers wat nog nie aansoek gedoen het nie om dit so gou moontlik aanlyn te doen.
Die Gautengse Departement van Onderwys se toelatingsproses sluit om middernag.
Die SOS waarsku egter dat ’n aansoek nie ’n waarborg van plasing is nie en dat laat of onvolledige aansoeke kan veroorsaak dat leerlinge nie betyds geplaas word nie.