Luister nou

Opvoedkundige personeel moet teen Kinderbeskermingsregister geverifieer word

Deur Redaksie

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) sê hulle ondersteun die hofbevel wat teen die Departement van Basiese Onderwys uitgereik is wat verplig dat alle opvoedkundige personeel wat kontak met leerders het, teen die Kinderbeskermingsregister geverifieer moet word. Die hofbevel bepaal dat alle opvoedkundige personeel wat kontak met leerlinge het teen 31 Maart aanstaande jaar teen die Kinderbeskermingsregister geverifieer moet word. Dié opdrag van die hof verplig die Departement van Basiese Onderwys en provinsiale onderwysdepartemente om alle individue wat met kinders werk se agtergrond teen die register te toets.

Die SAOU sê in ’n verklaring dat bewerings van seksuele wangedrag deur opvoeders op ernstige uitdagings in die Suid-Afrikaanse gemeenskap dui.

Volgens die SAOU stel die gebrek aan kapasiteit by polisiestasies en in die Departement van Justisie leerders ook in gevaar.

“Hierdie proses van verifikasie van individue behoort ook die klem op verbetering van sistemiese uitdagings te plaas. Die onvermoë van ʼn stelsel om oortreders te ondersoek en te vervolg, lei tot sake van seksuele oortredings wat vir lang periodes uitgestel word. Die proses van die verifikasie behoort ook uitgebrei te word na opvoeders wat die openbare onderwysstelsel verlaat of na ander provinsies of privaat onderwysstelsels skuif.”

Volgens die SAOU behoort befondsing vir voorkomende programme ook voorop gestel te word, saam met die beskikbaarstelling van strukture vir emosionele ondersteuning op skoolvlak, sowel as genoegsame maatskaplike werkers.

“Beide skole en gemeenskappe moet kollektiewe verantwoordelikheid neem vir hierdie groeiende probleem. Die beste belang van die kind is die boublok vir die onderwysstelsel. Opvoeders word opgelei om skole as veilige ruimtes te beskerm, waar die fokus veral val op onderrig en leer.”

Die SAOU sê hulle verwerp die optrede van enige onderwyser wat skuldig bevind word aan seksuele misdrywe en ondersteun daarom die besluit van die hof om te verseker dat opvoeders en personeel wat met kinders werk nie op die Kinderbeskermingsregister gelys is nie.

Gewilde Nuus

Ramaphosa-besigheidsberaad

Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit

Fotokrediet: The Citizen

SANW waarsku oor informele nedersettings wat nader kruip

BenTzur en Ori - Instagram

Twee jong leeus is nou Vrystaters

Brandstofstygings

R10 mjd. om motoriste teen brandstofpryse te buffer

Bedrog - GWK ECE

SA het hoogste aantal beroepsbedrog in Afrika

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes SAPD-design
Honderde ongerymdhede in polisie se leefstyloudits bespeur
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 14 Augustus 2026
Fotokrediet: Wikipedia
Afrikaanse Taaldag word herdenk
Ramaphosa-besigheidsberaad
Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit
Fotokrediet: The Citizen
SANW waarsku oor informele nedersettings wat nader kruip

Luister nou