Oos-Europa gaan nie tot elke prys wes bly kyk nie


Luister nou

Volgende

Oos-Europa gaan nie tot elke prys wes bly kyk nie

Nuuskommentaar: 27 Mei 2024

Deur: Jaco Kleynhans

Die toekoms van Europa is ʼn sentrale tema in vanjaar se verkiesingsveldtog vir die Europese Unie. In al 27 EU-lidlande sal meer as 400 miljoen kiesers volgende week die geleentheid kry om meer as 700 lede vir die Europese parlement te verkies. Dit is egter nie net gebeure binne die grense van die Europese Unie wat die toekoms van dié kontinent gaan bepaal nie. Gebeure die afgelope ruk in talle Oos-Europese lande, ook in sommige lande buite die EU, laat ernstige vrae ontstaan oor die legitimiteit van die politieke elite in Brussel om oor die volgende paar jaar ʼn duidelike toekomspad vir Europa uit te stippel.

Gebeure die afgelope paar weke in Georgië in die verre oostelike deel van Europa, is ʼn goeie voorbeeld van die selfgeldende benadering van Oos-Europese lande. Die regerende Georgiese Droom-party het sy meerderheid in dié land se parlement gebruik om wetgewing deur te voer wat bepaal dat organisasies en individue wat meer as 20% van hul inkomste uit die buiteland ontvang as agente van buitelandse rolspelers geregistreer moet word.

Die regering in Tbilisi is bekommerd oor die toenemende buitelandse invloed in Georgië van ryk Westerse individue soos George Soros en Bill Gates en verskeie organisasies in die VSA en Wes-Europa wat die land se karakter, kultuur en tradisies probeer aantas deur befondsing aan organisasies in Georgië.

Terwyl die wetgewing tot groot betogings deur duisende jong mense in Tbilisi, die hoofstad van Georgië gelei het, is dit ook ʼn werklikheid dat die regerende party wat die wetgewing deurgevoer het, die steun van meer as 60% van Georgië se bevolking geniet. Die wetgewing, of Westerse leiers daarvan hou of nie, is dus deur ʼn demokraties verkose regering met ʼn meerderheidsteun goedgekeur.

Hoewel 80% van die burgers van Georgië ten gunste daarvan is dat hul land ʼn lid van die Europese Unie word, wil hulle ook hê dat dit op hul eie voorwaardes gebeur. In die buurland Armenië was daar die afgelope paar weke groot betogings wat die Westerse media byna heeltemal geïgnoreer het.

Westerse lande, veral in Europa, plaas druk op die regering van Armenië om meer en meer toegewings oor grondgebied aan Azerbeidjan te maak. Azerbeidjan voer reeds die afgelope paar jaar ʼn wrede oorlog teen die Armeniërs met Wes-Europa wat gerieflikheidshalwe wegkyk omdat hulle van gasinvoere uit Azerbeidjan afhanklik is. Intussen raak Wes-Europa kwaad as die Armeniërs na Rusland en China uitreik vir vriendskap.

Die Chinese president Xi Jinping se onlangse besoek aan Serwië en Hongarye was veronderstel om ʼn duidelike boodskap aan Washington en Brussel te stuur. Terwyl die Hongare deel is van die EU en die Serwiërs  deel wil word van die EU, wil albei lande dit op hul voorwaardes doen sonder om hul eie unieke karakter en kultuur te verloor. Net soos in die geval van Georgië en Armenië gebruik Westerse leiers in Brussel en Washington eerder ʼn selfvoldane beterweterigheid en selfs ʼn lat in die vorm van strafmaatreëls teen hierdie lande, in plaas daarvan om ʼn benadering van inklusiwiteit binne ʼn Westerse ruimte te volg waar ruimte vir hierdie lande se unieke karakters gelaat word.

Soos in die verlede kan die breuklyne van die toekoms van die Weste weer in Oos-Europa ontbloot word. Westerse leiers wat aan Oos-Europa wil voorskryf, gaan sien hoe hulle hierdie streek kan verloor. Dit sou dwaas wees. Daarom moet ons hoop vir beter leierskap as die huidige liggewigleiers in Brussel en Washington.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GomrlEeXEAAZ2o0

Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof

Screenshot 2025-04-16 104919

Motoris steeds gesoek na hy ‘n herhaaldelik oor ‘n man ry – klag van moord geopen

Outlet of 'Delivery Tunnel North' of the Lesotho Highlands Water Project, near Clarens, Free State, South Africa. The Lesotho Highlands Water Project is an ongoing water supply project with a hydropower component, developed in partnership between the governments of Lesotho and South Africa. It comprises a system of several large dams and tunnels throughout Lesotho and South Africa. In Lesotho, it involves the rivers Malibamatso, Matsoku, Senqunyane and Senqu. In South Africa, it involves the Vaal River. It is Africa's largest water transfer scheme. The purpose of the project is to provide Lesotho with a source of income in exchange for the provision of water to the central Gauteng province where the majority of industrial and mining activity occurs in South Africa, as well as to generate hydroelectric power for Lesotho (currently almost 100% of Lesotho's requirements).

Lesotho-hooglandwaterprojek kos R11-miljard méér

0001102308_resized_johnhlophe150820181022copy

John Hlophe mag nie appèl by Grondwethof aanteken nie

640px-03-BICcristal2008-03-26

Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk

Ander Nuus Artikels

NA Exterior
OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers
VAPE-1
DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle
Screenshot 2025-04-15 122837
Asbesdak-saak: Ace Magashule pleit onskuldig
GomrlEeXEAAZ2o0
Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof
Screenshot 2025-04-16 104919
Motoris steeds gesoek na hy ‘n herhaaldelik oor ‘n man ry – klag van moord geopen

Oos-Europa gaan nie tot elke prys wes bly kyk nie


Luister nou

Volgende